‘n Workshop vir Gr 12’s
Die eerste vyf minute na matriek – die leap na die grootmenslewe.
Belangrike info en voorbereiding vir ‘n lewe van sukses en oorwinning na skool. Neem ingeligte besluite. Wees self die argitek van jou toekoms.
Gordon Dryden vra: “How many people do you meet who love their jobs, and look forward to going to work each day? Life is too short to be spending your working life doing work that isn’t exciting and satisfying.”
Jy sal net suksesvol en gelukkig wees as jy jouself kan uitleef, as jy nie ’n rol speel wat deur ander aan jou toegeskryf word nie. Jou talentkombinasie of jou potensiële bydrae in die wêreld en werkplek is so uniek soos jou vingerafdruk en jou DNS. Navorsing het bewys dat net een uit 33 000 000 mense dieselfde talentkombinasie deel. Hoe goed ken jy jouself?
Dunamislifecoaching bied ‘n werkswinkel vir skoolverlaters en studente om hierdie en ander relevante sake en uitdagings aan te spreek. Die werkswinkel is praktykgerig. Wetenskaplike meetinstrumente word gebruik om die unieke talentkombinasies van elke individu te identifiseer. Die werkswinkel bied die geleentheid om die impak van hierdie selfkennis in die praktyk van die lewe en werkplek te ervaar.
Aan die einde van die werkswinkel sal elke deelnemer toegerus wees om:
– sy/haar unieke talentkombinasie te verstaan en beskryf
– ‘n lewensgetroue selfbeeld te vorm
– sy/haar unieke bydrae tot die samelewing verstaan
– ingeligte lewenskeuses te maak op grond van ware selfkennis